CVO GROMAR MAAK HUL HARTE OOP


Leerlinge van CVO Gromar het elke kwartaal ‘n liefdadigheidsprojek wat hul aanpak, waarvan hierdie week se projek ‘n insameling was om ‘n bydrae te lewer om die koue wintersmaande wat voorlê bietjie makliker te maak, sowel as nie-bederfbare produkte vir gesinne wat swaarkry.

Daar is onder andere klere, komberse en kosvoorrade gebring en Mev Margareth Swart van “Volkshulp 2000” het haar dank uitgespreek teenoor die ouers en kinders van Gromar vir die goedere wat geskenk is. Volkshulp versorg ‘n groot aantal gesinne en waardeer elke skenking wat hul ontvang opreg.

“Dankie Gromar, julle goeie daad vir die kwartaal was vir ons ‘n sukses!”

Op die foto verskyn mnr. Gerhard Swart, skoolhoof saam met mev. Swart om die skenkings te sorteer