Charlize wen speel-speel


Die 13 jarige Charlize van Zyl is die jongste Suid-Afrikaner wat die uiters gesogte titel van internasionale skaakmeester kon verwerf.

Charlize is ’n leerling verbonde aan die Collegiate Girls High School in Port Elizabeth wat die vroue-afdeling van die Afrika-sone 4.3-skaakkampioenskap in Botswana gewen het.

Die volwaardige ope kampioenskap is in Botswana gehou en sowat 15 Afrika-state het daaraan deelgeneem.

Charlize is ook ’n goeie presteerder op akademiese terrein en sal sekerlik nog weer van haar laat hoor in die toekoms.