Chaos in die SAPD departement?


Sedert 2002 het die SAPD net minder as 60,000 van sy voertuie geskrap.

Nathi Mthethwa, die Minister van Polisie, het gesê die waarde van die 59,187 voertuie wat geskrap is, beloop R54,4 miljoen.

Die Minister het ook erken dat sy Departement miljoene Rande spandeer het om bestuurslesse aan rekrute te bied.
In 2010 tot begin 2011 boekjaar het dié lesse vir bestuurslisensies die Departement byna R9 miljoen gekos. In die daarop volgende boekjaar het dit gestyg tot R9,6 miljoen.

Die gemiddelde koste van voertuie wat afgeskryf is in die afgelope 10 jaar, beloop astronomiese bedrae. Gemiddeld per jaar word sowat 5,500 voertuie afgeskryf deur SAPD.

Waarnemers is van mening dat die enorme verlies kan toegeskryf word aan swak opleiding, swak keuring en swak dissipline.

Dit verklaar waarskynlik waarom polisie dikwels nie opdaag by misdaad tonele nie, want daar is nie voertuie beskikbaar nie, word gesê.

Foto- SAPD voertuig bots teen geparkeerde motors)