Cezanne Verkoop vir R375 miljoen.


Die Lenteveiling van Impressionistiese werke deur Sotheby’s in New York het redelike goeie pryse behaal. Elkeen van die een-en-sewentig stukke wat aangebied was, het ‘n minimumprys gehad.

Slegs 19 stukke het bokant die minimumprys verkoop. Een daarvan, ‘n Stillewe van Appels geskilder deur Paul Cezanne en wat dateer uit 1889-90 is binne ses minute van ‘n heen-en-weer bieëry per telefoon vir R375 miljoen verkoop.

Charles Moffett, adjunk-voorsitter van Sotheby’s het gesê dat dit een van die mees perfekte stillewes van Cezanne is.

‘n Afgietsel van Rodin se beroemde beeld, Die Denker is vir $15.3miljoen verkoop. In die katalogus was die verwagte prys tussen $8 en 12miljoen gewees. Dit is die tweede hoogste prys waarteen ‘n Rodin verkoop is. Christie’s in New York het in 2008 ‘n afgietsel van die werk vir $19miljoen verkoop. Daardie beeld egter was meer as 2 meter hoog gewees terwyl die een wat pas verkoop is, skaars ‘n meter hoog staan.