Bye gaan landmyne uitwys


Prof. Nikola Kezic, ’n heuningby deskundige van die Zagreb-universiteit in Kroasië, lei ’n afdeling van ’n program om landmyne op te spoor.
Dit kos miljoene euro en word gevolglik deur die Europese Unie geborg aangesien duisende landmyne geplant is in die voorheen oorlog geteisterde Kroasië.

Bye het ’n perfekte reuksin wat plofstowwe blitsig kan uitken, het Kezic gesê.
Die bye word geleer en afgerig om hul kos met die reuk van TNT te vereenselwig deur ’n suikeroplossing met TNT te meng.

“Dit is maklik om die reuk van plofstof vir ’n by te leer, maar om ’n hele byekolonie af te rig, is meer problematies,” sê die geleerde.

Die voordeel is dat bye, anders as rotte en honde, nie landmyne sal aftrap nie.