Boewe beroof voormalige Mej. SA


’n Voormalige mej. Suid-Afrika, Odette Joubert, is deur twee swartes by haar huis in Bryanston, Johannesburg met vuurwapens aangehou en beroof.

Die 49-jarige dame was in 1982 Mej. Suid-Afrika. Sy was op haar rekenaar besig toe die boewe by haar huis se kantoor ingestap het. Hulle het die tuinier gevange gehou en ’n vuurwapen op hom gerig

Een van die boewe het haar op die kop geslaan met ’n wapen, en is daarna kamer toe geneem waar haar vierjarige seun en sy oppasser gespeel het.

Met die vuurwapen tussen haar oë gerig het hy wapens en juwele geëis en daarna almal in die huis toegesluit in die kamer.

Sy kon die polisie skakel met die foon in die kamer se badkamer maar die skurke is nog nie opgespoor nie.