Deskundiges en ondersoekbeamptes bestudeer die beeldmateriaal van opnames by die FNB-stadion en het poligraaftoetse gedoen op werknemers by die stadion in ‘n poging om die raaisel op te klaar oor die multimiljoenrand-rooftog tydens die Bieber konsert.
Diewe het glo oor die naweek geld van kroeë en aandenking-winkels gesteel tydens die Justin Bieber- en Bon Jovi-konserte.
’n Woordvoerder het gesê dat ’n werknemer Maandagoggend gevind daar is met verskeie deure wat lei na die hoof kluis, gepeuter.
Blykbaar het die diewe toegang verkry deur ‘n toilet se dak wat lei na die muur van die kluis, en op daardie kant die kluis oopgebreek.
Die verdagtes moes blykbaar toue gebruik om van die dak na die kluis te beweeg en miljoene Rand aan kontant so gesteel.
Die polisie is blykbaar besig om verskeie geloofwaardige leidrade op te volg en hoop om binnekort ‘n deurbraak te maak.
Verskeie private sekuriteitsmaatskappye en ondersoekers is ingeroep om die polisie met die ondersoek te help.
Jacques Grobbelaar van die stadion se bestuur is van mening dat die rooftog haarfyn beplan is en dat binne-inligting bekom is.
Foto – Bieber
Laat my dink aan die fliek “Italian Job” Wie kan dit nog onthou?
“Verskeie private sekuriteitsmaatskappye en ondersoekers is ingeroep om die polisie met die ondersoek te help.”
Goeiedag Boere,
Selfs met die moderne tegnologie tot hul beskikking glo ek nie die huidige SAPS gaan in staat wees om hierdie een gou op te los nie. As hulle sommer dadelik die privaat sektor nader vir hulp, dink ek hulle besef dat hulle nie oor die manne- of die breinkrag beskik vir hierdie een nie. Hulle sal maar weer vir Piet Byleveld moet oproep.
Ek dink hierdie rampokkers gaan wegkom, tensy hulle, hulself gaan verraai met ‘n weelderige leefstyl of grootpraat. Destyds met die Krugersdorp se Tonnel-bankroof het die speurders van die ou SAP jare lank leidrade opgevolg (ek kan nie onthou of enige arrestasies gemaak was nie?)
Boeregroete,
DuP
Ek het n spesmaas dat daardie rooftog deur eie geledere gepleeg is… en dat die speurders van die Nuwe Suid Afrika geen hond haaraf sal maak nie. Miskien wil die inbrekers die opleidingskampe van Alkaida finansier sodat daardie rekrute beter opleiding kan kry om ons Boere te vermoor…. en as Amerika snuf in die neus kry… gaan die hel in Suid Afrika los wees. Ons land word nie net vir al die buitelanders as afspringplek gebruik nie, daar word nou eers gevry na ons minerale regte en renosterhorings voordat hulle ons land finaal inneem. Die ANC is nie die groot gevaar nie, dis die meelopers vir wie ons katvoet moet wees… soos die Kommuniste, die Chinese en die Arabiere.
O ja… en vandat die Bieber snuiter grootkop gekry het van al die geld (gelukkig kry hy nou niks) en die roem wat na sy kop toe gegaan het… hou ek g’n niks van hom nie. Té voor op die wa.