Bevry my van jou geselskap!


Dit was so hittete of die gemeenskap van Kleinfontein het nie geweet wat hulle tref nie! Ek bedoel, hulle het letterlik amper nie geweet dat daar iets gebeur het nie, want die reuse optog wat die DA jeug daar beplan het was bygewoon deur dieselfde hoeveelheid mense as wat sou opdaag vir ‘n sangvertoning deur Stephen Hawking en Fran Drescher.

Nietemin, diegene wat toevallig gou kom koeksisters koop het of by Huis van Oranje gestop het was verras deur ‘n dansvertoning wat buite die hek gelewer is met die entoesiasme (en ongelukkig ook die vlak van voorbereiding en sinkronisering) van ‘n kleuterskoolkonsert. Die vertoning moes blykbaar die Kleinfonteiners daarop wys dat hulle, omdat hulle daar bly, nie heeltemal inskakel by die nuwe Suid Afrika nie! “Ek dink die inwoners was geskok om dit uit te vind!”, sê die Sweep met sarkasme wat van sy woorde drup soos die sweet van ‘n vet harige man in ‘n sauna. Die DA sal goed doen om hierdie veldtog voort te sit! Hulle kan volgende vir Pieter Dirk Uys gaan inlig dat hy skeef is en vir die Ruperts dat hulle ryk is!

Na die sang en dans het Mbali Ntuli haar bes probeer om die Kleinfonteiners te oortuig dat hulle eintlik nie so selfstandig moet wees nie. Sy is veral bekommerd oor die kinders wat moet grootword sonder die voorregte wat die NSA bied soos om deur ‘n medeleerling met ‘n mes gesteek te word voor jy hoërskool bereik, om groepstake alleen te mag doen tot ander se voordeel en die sterk moontlikheid om versterk te word deur die uitdaginkies soos diefstal, roof en verkragting!
Ntuli het die dag voor die tyd laat weet: “Tomorrow we will show South Africa what a reconciled and prosperous nation looks like.”

Blykbaar is die kenmerkende toonbeeld van so ‘n nasie ‘n groep oorgewig, seesiekwekkende swart vroue wat ronddans met plakkate vol spelfoute! Soos een plakkaat wat al in die nuus beland het wat vermoedelik moes sê: “We want jobs, not pennies” maar waarvan die tweede “n” en die laaste “e” van pennies weggelaat was. Dit het die eis seker nie onwaar gemaak nie maar heel moontlik wel onvanpas!

Die Times Live het weer vertel dat die doel van die optog was om Kleinfontein inwoners te bevry van hul “apartheid mindsets”. Hulle bevry ons dan reeds van ons besittings, werke, inkomste, regte, kultuurgoedere, trollies, sinne en geduld! Hulle moet maar my “mindset” uitlos!

Jy kon netsowel aanbied om mense te bevry van hul intellek, wysheid, goeie oordeel en regdenkendheid! Is dit wat mens doen om ‘n DA lidmaatskapkaart te kry?

Tot volgende slag

Die Sweep