Bendes en polisie kop in een mus


Die gerugte van samewerking tussen polisie en misdadigers in die Wes-Kaap is ’n ernstige aantyging wat ondersoek moet word en moet mense met inligting na vore kom, sê die Minister van Polisie.
.
Dit blyk noudat lede van die polisie sekere lede van bendes beskerm en deur bendes omgekoop word.

Die kriminoloog Eldred de Klerk het in ’n koerant artikel gesê bendelede is professionele mense wat hul rykdom gebruik om inligting by owerhede te koop. Bewerings word gemaak dat polisiebeamptes verskaf bendegroepe met inligting oor die polisie se aktiwiteite en die Minister vra noudat de Klerk met bewyse na vore moet kom om sy bewerings te staaf.

Die minister het glo in ’n mediaverklaring gewaarsku teen die moontlike veralgemening van ’n saak.