Bankrot Weermag gaan oud-terroriste help


Oud terroriste, oftewel Militêre veterane, gaan staatshulp ontvang ten bedrae van R1,3 miljard.

Dié R1,3 miljard sal aangewend word om huise, gesondheidsorg en vervoer te voorsien aan behoeftige militêre veterane. Dit word gedoen ingevolge konsepregulasies wat nou in die parlement ter tafel gelê is.

Van die voormalige terroriste sal in aanmerking kom om geld kry om hul bestaande huise op te knap. Hul kinders sal kan verder studeer op staatskoste. Die veterane sal gehelp word met sakegeleenthede en om werk te kry.

Intussen het dit bekend geword dat die Weermag nie nuwe rekrute kan inneem nie weens ’n tekort aan fondse.

Selfs die Silwer Valke se lugvertonings word ingekort omdat die Weermag dit nie kan bekostig nie.