Anderson is belaster


Die ANC regeringverslag waarin lt.kol. Christine Anderson, van die Waterkloof-lugmagbasis se verplasingsentrale in Pretoria, beskuldig word dat sy saamgespan het om die Gupta-landing toe te laat, is eensydig en lasterlik omdat dit impliseer sy het haar wangedra.
Só meen adv. Pikkie Greeff, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu).
Hy het lt. kol. Anderson geadviseer om regstappe in te stel teen die regering vir minstens skadevergoeding.
Sy is tans op verpligte verlof en tree binne n jaar af met pensioen..

As die ondersoekspan op grond van enige inligting wil beweer sy ís genader om haar kant van die saak te stel, dan is dit ’n leuen.

Jeff Radebe, Minister van Justisie, het gesê Anderson en Bruce Koloane, hoof van staatsprotokol, het luidens die ondersoekverslag saamgewerk om die landing te bewerkstellig.

Intussen is vasgestel dat Anderson slegs n skriftelike opdrag aan haar tot uitvoer te bring.