ANC-plan gaan wynboere knel


’n Voorgestelde verbod op advertensies van alkoholprodukte wek groot kommer by alle rolspelers in die wynbedryf.

Die verbod word tans deur die Departement van Gesondheid voorgestel, en minister Aaron Motsoaledi het vroeër aangedui dat hy dit gaan deurvoer om sodanige verbod in te stel soos wat op tabak van toepassing is.

Kenners meen dat die verbod op alkoholiese produkte weinig of geen invloed sal uitoefen op misdaad en padongelukke nie. Hierteenoor gaan duisende werkers op wingerdplase hulle werk verloor wanneer die negatiewe invloed van geen bemarkingsadvertensies verder toegelaat word nie.

Die mening is uitgespreek dat die verhoogde minimum lone tesame met die advertensie verbod, genoeg rede is vir boere om werknemers die trekpas te gee.