ANC misbruik steeds behoeftige blankes


“Ons is huise en kos belowe, ons moet net aan die optog deelneem”
Dit is die woorde van een van vele behoeftige blanke vroue wat aan die vroue-optog in Bloemfontein deelgeneem het.
.
Die optog is gehou om die 1913-optogte teen paswette te herdenk.

Elke Departement van die Vrystaatse Provinsiale Regering moes na verneem word R150,000 opdok vir dié optog.
Mondli Mvambi van die ANC het gesê dis ’n belangrike historiese herdenking wat verdien om gevier te word.

Die vroue, waarvan n aantal van die woonbuurt “7de Laan” in Odendaalsrus is was ook by die optog betrek.
.
Hulle het al kruideniersware vir ons gegee,” sê Erika Pohl van 7de Laan.
Tannie June Prins was ook daar en sê : “Ek het saamgekom omdat ek ’n bietjie wou uitkom, maar nou is dit nie meer lekker nie.

Die ANC het tydens n konferensie besluit dat blankes in plakkerskampe “gebruik” moet word in die aanloop tot die verkiesing van 2014.