ANC kwaad vir Afriforum


Ernst Roets van Afriforum sê hulle wou die ANC-regering opsetlik op internasionale vlak verneder en daardeur druk plaas om iets te doen.”

Die optrede van Afriforum, is onlangs gedoen in samewerking met John Simpson, die redakteur van wêreldsake by die BBC.

Op die BBC se webblad is ’n artikel oor hoe blankes in plakkerskampe woon met ’n groot opskrif daarby: “Het wit mense in Suid-Afrika ’n toekoms?”
Die ANC het verwoed gereageer op die artikel en sê dit skaad die beeld van die land om sulke wanvoorstellings te maak.

In die stukke is ook genoem dat ’n boer se kans om vermoor te word twee keer so groot soos dié van ’n polisiebeampte is.

Die regering was ook tot hede onwillig om voorkomende maatreëls te tref en moorde op blankes tot voorkeur misdaad te verklaar.

Roets beweer Simpson het spesifiek gevra om na ’n wit plakkerskamp te gaan en Afriforum tref geen onderskeid tussen wit en swart nie.

Jackson Mthembu, ANC woordvoerder sê Roets moes ook gewys het hoe leef swartes in plakkerskampe.

“Die meeste mense wat in informele nedersettings woon, is swart. Hoekom het Roets die BBC nie na ’n swart plakkerskamp geneem nie? Dit is ’n verwronge beeld wat geskep word,” het hy gesê.

Foto – John Simpson