Al-Kaïda opleidingskampe in Suid-Afrika


Die opleidingskampe van Al-Kaïda het uitgebrei en is ook in Suid-Afrika te vinde.
Die Valke se misdaadeenheid teen die staat asook die staatsveiligheid-agentskap (SSA) is blykbaar bewus van dié militêre opleidingskampe van Al-Kaïda, maar doen niks om dit te stop nie.

Vir langer as ’n jaar het die Daily Maverick ondersoek gedoen na die bedrywighede van Al-Kaïda en nou is dit bekend gemaak dat die polisie geen stappe gedoen het nie, ten spyte van inkriminerende bewyse oor die opleidingskampe en ook diegene wat dit bestuur.

Ná sowat tien jaar van geheime operasies en doenig met die insamel van geheime projekte en intelligensie, het dit aan die lig gekom dat die staat se sintelligensie-meganismes selfs opgehou het om te spioeneer op militêre opleidingskampe waarvan hulle reeds bewus is.

Volgens die Daily Maverick is kampe aktief bedrywig naby Erasmia, oos van Pretoria en ’n tweede kamp op ‘n plaas in die Klein Karoo.

Daar word ook oorweging gegee aan die inrig van ’n volgende opleidingskamp in die Tsitsikamma.

Die Valke wou nie bekend maak waarom operasies om sulke kampe tot niet te maak, gestaak is nie.

’n Voormalige militaris en kenner van terroristiese bedrywighede sê die teenwoordigheid van sulke kampe op Suid-Afrikaanse bodem dui daarop dat die ANC regering ondersteunend is.

Dit sal nie as ’n verrassing kom as uitgevind word dat die mense wat in die kampe opgelei word, ook aangewend word om deel te neem aan die volksmoord teen Boere-Afrikaners nie, het hy gesê.