Afriforum geroskam deur NBU


Afriforum het onlangs kritiek gelewer teen die Nasionale Belastingbetalers Unie van mnr. Jaap kelder se aanbeveling om belastinggeld soms terug te hou van munisipaliteite.

Die geskil tussen die twee strukture het ontstaan na aanleiding van ’n hofuitspraak waarna Afriforum gewaarsku het dat dit onwettig is om geld terug te hou wat aan munisipaliteite betaal moet word.

Afriforum, ’n multikulturele burgerregte organisasie, moedig gemeenskappe aan om sterk gemeenskap strukture te skep waarbinne daar met plaaslike owerhede aangaande dienslewering onderhandel kan word.

Die feit dat onderhandel moet word met die owerheid, is ’n bekende beleidstandpunt van die Solidariteit-groepe wat talle linkse verbintenisse het vanweë hul rasgemengde ledesamestelling.

In ’n brief aan een van sy lede, skryf Jaap kelder van die NBU dat daar uiteindelik gesien sal word wie se werksmetode slaag.

Die brief lui soos volg:

Beste Daniel,
Ons sou voorstel dat Afriforum die uitspraak deeglik gaan lees en presies vasstel wat daar staan.
Die kwessie van swak, wisselvallige of substandaard dienste is glad nie in die saak ter sprake gewees nie. Indien Afriforum met swak, wisselvallige en of substandaard dienste tevrede wil wees is dit hulle goeie reg. Net soos dit jou goeie reg is om vrot vleis te koop en die volle prys daarvoor te betaal.
In die geval van Kroonstad het die inwoners die reg om die kwaliteit van hulle dienste te bevraagteken en dit, in terme van hulle eie munisipaliteit se kredietbeleid , na ‘n appél komitee te verwys. Dit is nou ook presies wat hulle gaan doen.
Indien Afriforum dink dat hulle met owerhede oor dienslewering kan onderhandel en sukses daarmee gaan bereik dan wens ons hulle alle sterkte toe. Dit klink vir ons alteveel na FW se wigte en teenwigte en ons weet almal wat daarvan geword het. Intussen sal die NBU lede die ingeslane roete volg. Die tyd sal dan leer wie reg was en sukses bereik het en wie verkeerd en onsuksesvol was.
Groete
Jaap Kelder

(Foto – Afriforum vergadering)