Aanslag op Afrikaans afgeweer


Die kwalifiserende eksamen vir geoktrooieerde rekenmeesters mag in Afrikaans gedoen word. Die besluit is geneem nadat hewige druk deur die Vereniging van Rekenmeesters vir Afrikaans (RVA) toegepas is.

Die SA Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) het vroeër die omstrede besluit geneem dat vraestelle van die kwalifiserende eksamen vanaf 2014 net in Engels beskikbaar sal wees.
.
Mnr. Jaco van der Merwe, die RVA voorsitter, het die Instituut se besluit aan lede bekend gemaak.

Van der Merwe sê dat hul voorlegging op onder meer taalgemeenskappe se grondwetlike regte gefokus het en die komitee is uiteindelik daarop gewys dat Afrikaans ’n gevestigde taal in die tersaaklike beroep is.

Hy het ook daarop gewys dat Engels nie die enigste taal is wat die beskerming van die Grondwet geniet nie. Hy het dit benadruk dat al die tale van die land beskerming geniet en derhalwe eerbiedig moet word.