Zuma versus Rapport


Pres. Jacob Zuma het ’n lastereis van R5miljoen teen Rapport aanhangig gemaak. Die lastereis is met koste van die hand gewys nadat die president versuim het om gehoor te gee aan ’n tussentydse hofbevel in die geding.

Die saak volg nadat Rapport ’n aansoek by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien het dat Zuma se lastereis teen hom van die hand gewys word.

Regter Willem Louw het gister dié aansoek toegestaan.

Willem de Klerk, opdraggewende prokureur vir Rapport, het glo gesê die geding tussen die president en Rapport is nou verby.

Die regter se beslissing is nie op wesenlike feite van die saak gemaak nie. Dit is slegs as gevolg van pres. Zuma se aanhoudende versuim om aan die reëls van die hof gehoor te gee, het hy gesê.