Zuma stel nuwe regter aan


Adv. Mbuyiseli Madlanga SC is deur pres. Jacob Zuma as regter in die konstitusionele hof aangestel.

Hy sal op 1Augustus in die nuwe pos begin. Die vakature het ontstaan met die uittrede van regter Zac Yacoob.

Madlanga het kantore in Mthatha en Johannesburg.

Hy het gister gesê hy is “baie opgewonde” oor sy aanstelling.

Die aanstelling vind plaas te midde van die stryd wat tans heers oor die aanstelling van regters. Senior advokate en grondwet kenners is in ’n hewige stryd gewikkel met die ANC/SAKP regime oor transformasie wat moet plaasvind in die regsberoep.