Zuma sê dis apartheid se skuld


Zuma sê dit is onmoontlik om in slegs 20 jaar algehele verandering te bewerkstellig in die land.

Die skade wat deur apartheid veroorsaak is, sal nog baie lank in die land sigbaar wees, het hy gesê.

Hy dink dis ‘n fout om te sê ons kan nie apartheid blameer vir wat in die land gebeur nie, om die minste te sê!

“Ons hoef nie te sê presies wat apartheid alles veroorsaak het nie. Die feit is die land is twee in een; jy gaan na enige stad en daar is ‘n pragtige deel, en plakkers aan die ander kant” het hy gesê.

“Ons kan nie ophou om die mense wat dit veroorsaak het, te blameer nie,” het Zuma gesê tydens ’n herdenkings geleentheid vir Chris Hani.

Hani is op 10 April 1993 by sy huis in Boksburg geskiet.