Word misleiding ’n ANC kenmerk?


Die weiering deur die Departement van Openbare Werke om nie die voorlopige verslag oor sy ondersoek na die Zumaville-projek bekend te maak nie is ’n nuwe probleem vir talle opposisie lede in die Parlement.

Die Departement gebruik ’n apartheidswet as verskoning waarom die verslag nie bekend gemaak kan word nie.
Die Wet staan bekend as die Wet op Nasionale Sleutelpunte.

Jeremy Cronin, Adjunkminister van Openbare werke, sê die verslag kan nie in die openbaar voorgelê word nie, want dit is ’n oortreding van die Wet op Nasionale Sleutelpunte.

Die ANC/SAKP regering gebruik dié wet om inligting oor bouwerk aan pres. ¬Zuma se private Nkandla-woning te verswyg.
Cronin se jongste uitlating is in skrille teenstelling met wat hy in Februarie gesê het. Toe het hy manhaftig verklaar dat die Wet op Nasionale Sleutelpunte “waarskynlik ongrondwetlik” is en moet hersien word.