Witbank is nou swartbank


Witbank, in die Oos-Transvaal word deur ’n Internasionale navorsingspan aangewys as die plek met die mees besoedelde lug ter wereld.

Die lug is sodanig besoedel dat die instrumente van die multidissiplinêre navorsingspan van die Europese Unie (EU) nie die besoedelings vlakke van gifstowwe kon meet nie.

Die intstrumente kon nie die vlakke van chroom en barium meet nie.

Die span navorsers was sowat twee jaar besig in die steenkoolveld van die Bo-Olifantsrivier om vas te stel wat die invloed van gifstowwe is.

Dr. Henk Coetzee van die Raad vir Geo-wetenskappe is lid van die span navorsers en het gesê die EU is gesteld op volhoubare ontwikkeling maar wil nie geassosieer word met myne en ondernemings wat nie die omgewing in ag neem nie.

Die EU het sowat R48 miljoen beskikbaar gestel vir die besondere navorsingsprojek.

Gorazd Zibret, ‘n geoloog sê die vlakke van swaar metale in die lug is in die gebied, volgens hulle inligting die hoogste ter wêreld.

Volgens die navorsers behoort Witbank se naam te verander na Swartbank.