Wit ANC-LP oorleef aanval


Sue van der Merwe, ANC-LP is aangerand toe diewe haar in haar huis in Kaapstad besoek het.

Twee mans het haar glo gewurg tot sy haar bewussyn verloor het. Die verdagtes het egter gevlug toe haar seun by die huis aangekom het.

Van der Merwe, (58), is kort voor negeuur die aand by haar huis in Rondebosch aangeval.

Haar bankkaarte is gesteel.

Van der Merwe het van 1988 tot 1991 in Kaapstad vir die menseregte-organisasie die Black Sash gewerk.

’n Voormalige Volksraadslid sê dat politieke verbintenisse geen waarborg is dat swartes jou nie sal vermoor vir geld nie.

Die voorval herinner ’n mens aan die gebeure van die Poko-opstande in die Oos-Kaap gedurende die vyftiger jare van die vorige eeu, toe ’n blanke katolieke non die opstandelinge tegemoet gehardloop het en geroep het “I am English, I am English”.

Dit het die opstandelinge nie beïndruk nie en sy is toe keelaf gesny deur die swartes, het hy gesê.