Winkelsentrums word gevaarliker


Netcare 911 se woordvoerder, Santie Steinman, berig dat ses mense baie ernstig beseer is tydens ’n ontploffing by die Spartan-winkelsentrum in Kempton Park.

Twee mense moes dringend per helikopter vervoer word na ’n nabygeleë hospitaal. Vier ander mense is per ambulans na die hospitaal geneem.

Dit is onduidelik wat die ontploffing veroorsaak het, maar ondersoek word ingestel.

Alhoewel geen sterftes deur die ontploffing veroorsaak is nie, word dit al gevaarliker om by groot winkelsentrums inkopies te doen, is die mening van ’n veiligheidsdeskundige.

Volgens die deskundige is die saamdrom van baie mense juis die grootste probleem, As iets verkeerd gaan soos in die besondere geval, word ’n groot aantal mense beseer en somtyds is die voorval noodlottig vir meer as een mens, het hy gesê.