Winkelsentrums word gevaar sones


Twee van drie verdagtes is by ‘n winkelsentrum in Bedfordview, Johannesburg in hegtenis geneem. Hulle is betrap met plofstof in hulle besit, het die polisie gesê.

Twee van die verdagtes is by die Park Meadows-winkelsentrum vasgetrek. Blykbaar was hulle van plan om die plofstof te verkoop.

‘n Derde verdagte, wat na bewering die kliënt was, kon daarin slaag om te ontsnap.

Die polisie het beslag gelê op twee plofstof-toestelle nadat hulle vooraf ’n wenk ontvang het.

Volgens ’n polisiewoordvoerder is dit die soort toestelle wat gewoonlik gebruik word om OTM-masjiene op te blaas.

’n Woordvoerder van Oranje Sake Instituut het aan Die Vryburger gesê dat groter winkelsentrums en OTM punte van die groter gevaar sones geword het.

“Dit is plekke wat liefs so veel moontlik vermy moet word,” het hy gesê.