Wie moet die SAPD bewaak!


Wie moet die SAPD se stasies, kluise beamptes bewaak om te keer dat hulle beroof en besteel en verneuk word, is maar enkele vrae wat nou deur jan-publiek gevra word.

Die vrae ontstaan na aanleiding van die verslag wat vrygestel is waarin bekend gemaak is dat die waarde van die vuurwapens wat die SAPD gedurende die afgelope boekjaar verloor het, beloop bykans R5 miljoen.

Lt.genl. Gary Kruser, Afdelingshoof van Aankopebestuur, sê altesame 834 vuurwapens is in die boekjaar 2012-’13 verloor.
Kenners is van oordeel dat die verdwyning van polisie vuurwapens dalk iets te doen het met die volksmoord op blankes. Dit word ook in verband gebring met die beweerde opleidingskampe in plakkerskampe en laat die vraag ontstaan of die wapens nie daarheen gekanaliseer word nie.

’n Woordvoerder van die Verkennersbeweging het daarop gewys dat baie van die polisiebeamptes nie eers kon kwalifiseer vir ’n bestuurslisensie nie, en behoort derhalwe ook nie ’n vuurwapen te kry nie.

Iemand sal moet aangestel word om die polisie te bewaak, het hy gesê.