Wie lieg vir Suid-Afrika?


’n SANW majoor, ene Jiyane, wat in bevel was van die taakmag in die Sentraal-Afrika Republiek vertel sy verhaal oor die gebeure toe 13 soldate aldaar doodgeskiet is deur rebelle wat die land nou regeer.

Nuwe verhale oor die gebeure word nou vertel. Die Suid-Afrikaanse soldate was glo oppad na hul basis toe hulle in ’n hinderlaag oorval is.

Dit is wat gebeur het volgens die majoor Jiyane. Hy vertel vêrder dat die taakmag deur een helikopter ondersteun was.

Hierteenoor het een van die gewonde soldate vertel dat daar geen lugmag ondersteuning was nie. Hy het gesê: As daar maar net een helikopter was wat ons ondersteun het, sou die hele geveg anders verloop het.

’n Voormalige Weermag bevelvoerder het in sy kommentaar op die fiasko, gesê iemand is besig om vir Suid-Afrika te lieg.

Miskien word leuen vertel om die verleentheid te verberg, het hy gesê.