Wettige diefstal?


‘n Ou grappie lui dat diefstal onwettig is, omdat die regering kompetisie haat.

In Suid-Afrika blyk dit nie ‘n grap te wees nie, maar die harde werklikheid. Neem die tolstelsel as ‘n voorbeeld. Die vordering van tolgeld word aan maatskappy toegeken en die maatskappy se vorderingskoste is soveel as 40% van die tolbedrag. Die maatskappye wat hierdie konsessies ontvang om die tolgeld te vorder, het natuurlik ANC kaders as aandeelhouers en eienaars. Op die manier word ANC lojaliste vergoed vir hulle lojaliteit.

Brandstof wat Suid-Afrika uitvoer na die buurstate toe, is in daardie lande goedkoper as in Suid-Afrika, bloot omdat die brandstof prys in Suid-Afrika bestaan uit ‘n aantal heffings, wat ook onder andere voorsiening maak vir die instandhouding van die paaie in Suid-Afrika. Gevolglik betaal pad verbruikers twee maal vir die instandhouding van paaie in Suid-Afrika, wat beslis oor die algemeen in ‘n baie slegte toestand is. Natuurlik is dit ‘n logiese (skelm) manier om die behoefte te skep van beter paaie – slegte paaie vol gate. Daar word geglo dat die verbruiker eerder tolgeld sal betaal as om op paaie te ry vol gate. Alhoewel dit in ‘n sekere sin waar is, word hierdie situasie uit gebuit om kaders te verryk.

Peter Hugo, voorsitter van die Kaapse Kamer vir Koophandel en Nywerheid se portefeuljekomitee oor vervoer, skryf in ‘n dokument oor die beplande nuwe tolpaaie in die Kaap, op die N1 en N2 – die N1-/N2-Wynland-tolprojek as volg: “Die jongste tolpadvoorstelle is soos ’n farmaseutiese maatskappy op soek na ’n nuwe siekte om ’n mark vir sy jongste medisyne te skep. Die beginpunt moet sekerlik ‘n behoefte en ‘n wenslikheidstudie wees.”

Dié projek volg op ’n ongevraagde bod deur Protea Parkways om die pad as konsessiehouer te bedryf. Dié konglomeraat is voorverlede jaar aangewys as die voorkeurbieër vir die betrokke konsessiekontrak.

Dit lyk of Sanral nóg tolpaaie wil bou om die “Gautengse fiasko” oor die e-tolstelsel te finansier. “Dié verduideliking stel homself voor, want geen geloofwaardige organisasie het die twee Kaapse tolpaaie gevra nie,” het hy Peter Hugo gesê.

Wat Mnr Hugo nie wil erken nie, is dat ook hierdie projek duidelik ‘n manier is vir ANC kaders om hulleself te verryk.

In tussen staan die sogenaamde e-tol stelsel al sedert 2011 in onbruik. Dit is egter net ‘n kwessie van tyd voor hierdie stelsel in werking sal tree. Dit is nou indien die regering genoeg propaganda kan pleeg om motoriste te oortuig om te registreer vir die stelsel.

SANRAL beweer dat sowat 600 000 van die 3,5 miljoen pad verbruikers in Sentraal Transvaal geregistreer het vir die stelsel, maar dit blyk nou dat die meeste van hierdie geregistreerde verbruikers is die staat se vlootvoertuie. Na raming het slegs 60 000 verbruikers geregistreer. Daar word ook beweer dat die stelsel bloot nie die volumes sal kan hanteer indien verbruikers verkies om nie te registreer nie.

Deur nie te registreer nie, blyk dit dus dat verbruikers die “diefstal” kan kniehalter. Dit is ook immers elke mens se plig om homself te beskerm teen uitbuiting en wettige diefstal .

Piet Potlood