Wes-Kaap boere dankbaar vir die reën


Mag die koringboere ’n baie goeie seisoen ervaar in die Swartland en die Suid-Kaap,” sê mnr. Andries Theron, voorsitter van Graan SA.

Voorspellings van stormweer wat die Wes-Kaap gaan tref, het verskeie boere op gereedheid geplaas om die planttyd te benut.
Stormsterk winde het in die Kaapse Skiereiland en die omliggende gebiede voorgekom. Gelukkig het geen skade voorgekom nie.
Veral die saaiboere in die provinsie soos by Malmesbury is goeie neerslae ontvang van tot 35mm, terwyl sowat 10mm reën in die Moorreesburg-omgewing geval het.
“Ons is regtig opgewonde oor die reën, dit bied ’n baie groot voordeel wat voorsaai-onkruidbeheer betref,” aldus Theron.
Die reën is ook ’n groot voordeel vir skaap- en beesboere want die vroeë weiding vir vee baat daarby met groeikrag voor die winter voluit vat.