Weermag verskaffers trek kop uit


Van al die verskaffers van vars produkte aan die Nasionale Weermag is daar nog net sowat 9% wat nog produkte verskaf. Die res van die verskaffers moet óf hul deure sluit óf ander klante soek om te oorleef. Daar is n groot aantal verskaffers wat sukkel om hulle geld te kry van die Weermag.

Pleidooie aan die Minister van Verdediging is verwys na die Weermag se aanskaffing-sentrum, wat klaarblyklik, volgens talle verskaffers se woordvoerders, juis die kern van die probleem is.

Die jongste berigte lui dat dit net n kwessie van tyd is voordat daar geen enkele verskaffer is wat produkte gaan voorsien nie.

Die tender voorwaardes se vertolking word gedurig verander en derhalwe word verskaffers se taak sodanig bemoeilik dat hulle eerder ander markte gaan soek het.

Waarnemers meen egter dat dit n metode kan wees om die bestaande verskaffers uit die sisteem te kry sodat swart verskaffers se uitermatige hoeq tenderpryse aanvaar kan word, wat heelwaarskynlik ook met gunste gepaard sal gaan.