‘n Erge storm van protes het ontstaan na die aankoms van die eerste gaste vir die sogenaamde troue van die jaar wat gaan plaasvind tussen Vega Gupta en Aakash Jahajgarhia.
Die gehuurde straler met gaste is toegelaat om op die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria te land.
Die jongste inligting wat Die vryburger kon bekom, is dat ‘n Airbus 330-200 van die lugdiens Jet Air met sowat 190 gaste geland het. Die snaakse en omstrede Gupta-familie is van Delhi in Indië na Suid-Afrika gebring vir die troue in Sun City.
Van die Gupta-familie is glo goeie vriende met lede van die Suid-Afrikaanse regering.
Passasiers is by aankoms op rooi tapyte en n reeks wit Range Rovers voertuie ontvang.
Woordvoerders het aan Die Vryburger gese die misbruik van waterkloof lugmagbasis is n voorval wat in die toekoms nog veel meer probleme kan oplewer. Sekuriteit en veiligheid is in gedrang gebring wat groter risiko’s vorentoe kan meebring.
Ons moet besef die ou tye is verby! Die ANC/SAKP regering voel vere vir Suid Afrika se veiligheid.Wie is dan nou die bedreiging? Waterkloof is vir hulle van geen sekuriteits waarde nie! Dit was mos die ‘boere’ se geheime gebied gewees. Dit is nou hulle gebied en sal maak soos Afrika dit doen.F.. die res! Die ergste van alles is,dat daardie siviele vliegtuig met hoogwaardigheids bekleers van n ander land (SPIOENE INGESLUIT) eenvoudig op n hoogs strategiese gebied afklim en die regering weet nie eers wie die toestemming gegee het daarvoor nie.Wat n patetiese regering,mens kan dit eenvoudig nie glo nie.Dit is veraad teenoor die volk.n President is nou geskep vir die volgende afvaardiging wat kom.Pasop dat daar nie n tweede ENTEBE uitgevoer word nie,dit is mos nou maklik.