Vyf skelm polisiebeamptes betrap


Die Valke het bekend gemaak dat vyf polisiebeamptes in Oos-Londen in hegtenis geneem vir beweerde dwelmhandel.

Die vyf beamptes is van die eenheid vir misdaadvoorkoming en is by die Mdantsane-polisiekantoor gestasioneer.

Die beamptes het blykbaar klopjagte op huise van dwelm smokkelaars en handelaars uitgevoer. Daarna word beslag gele op die dwelms en word dit later deur hulle verkoop.

Die vyf skelms sal glo Donderdag op aanklag van dwelmhandel in die hof verskyn. Die moontlikheid dat ’n klag van afpersing ook ingedien gaan word, is nie uitgesluit nie.