Vyf ontspanne stappers deur swartes besteel


Drie gewapende swartes het vyf ontspanne tappers gedreig om hulle te skiet, maar later is die stappers kamtig om verskoning gevra dat hulle op die besondere dag die slagoffers moes wees.

Mnr. Christiaan Louw van Stellenbosch het gese hy, sy ma en ’n vriendin, asook haar ouers, is op die plaas Cloetesdal deur gewapende mans oorval.
Hulle het ’n staproete gevolg toe die voorval plaasgevind het.

Drie skurke, gewapen met pistole en ’n sweep, het uit ’n wingerd gekom en hulle oorval.

Hulle het gevra om ons goed aan hulle te gee en gewaarsku om nie probeer weghardloop nie. Later het die boewe gesê hulle is jammer dat hulle vandag die slagoffers is en bygevoeg hulle wil nie seermaak nie.

Die mense moes afstand doen van hulle beursies, rugsakke, selfone, kameras en sonbrille gesteel.

Louw, wat sy hele lewe op Stellenbosch woon, vertel dat hy die afgelope tyd die verandering op die dorp sien soos wat misdaad toeneem.