Vrou veg teen oormag


Mev. Meisie Brits, ’n 65 jarige dame van Bloemfontein sê dat vier swartes haar aangeval het en met ’n groot snoeiskêr wat hulle in haar huis gevind het, haar arm gebreek. Te midde hiervan het sy verbete terug geveg toe hulle haar wou verkrag.

Sy was vier dae in die 3 Militêre Hospitaal op Tempe na sy in haar slaapkamer oorval is.

Dié dame wat maar ’n gewone invorderingsklerk is, moes ses skroewe en plate in haar gebreekte arm kry, en talle steke vir ’n erge wond in haar kop.

Sy het geluide gehoor, en toe sy die boef sien, gou haar bure geskakel.

Hulle het die groot snoeiskêr op haar yskas gekry en haar aanhoudend geslaan en wou haar verkrag, maar sy het dapper terug geveg.

Toe daag haar buurman op en die swartes vlug met haar handsak, geld en die huis, sowel as die motor se sleutels. Kort daarna het die polisie opgedaag en binne ’n uur was drie van die skurke in hegtenis geneem.