Vrou spring na haar dood


’n Aantal erg geskokte mense moes aanskou hoe ’n vrou van die sewende verdieping van die hospitaal na haar dood spring in Bloemfontein

Sanli Botha (46) van Bloemfontein het voor die fontein in die portaal van een van die hospitaal se ingange geval. Sy het saam met haar man, Johannes (52), na die hospitaal gegaan waar hy opgeneem sou word.

Talle mense het die voorval met skok aanskou en gesien hoe sy met ’n slag op die plaveisel val.

Johannes het kort daarna by die plek gekom waar sy geval het en net daar inmekaar gesak.

’n Werknemer wat met die slag uit die Medibloem-apteek gehardloop het, het dadelik haar liggaam met iets bedek.

(Foto – plek waar sy geval het)