Vrou by restaurant met onbekende middel ingespuit.


’n Vrou van Bloemfontein het ’n nare ervaring beleef toe sy deur ’n onbekende persoon met ’n onbekende middel ingespuit is by ’n restaurant .

Die onderwyseres wat verkies om anoniem te bly, se man moes haar help om in die huis te kom. Hy het reeds in die voertuig agter gekom sy vrou tree snaaks op.

Sy vertel dit was vir haar vreemd dat iemand haar op die boud klap, min wetende dat sy ingespuit is.
Die 36-jarige ma sê sy het baie geslaap as gevolg van die inspuiting. Sy kon die dag daarna nie kerk toe gaan nie.
Sy het eers weer Maandagoggend normaal begin voel.

Die egpaar het by die Rhapsody Restaurant geëet.

“Ek kan nie veel onthou nie, maar het in die motor op pad huis toe my bewussyn verloor”.

Die huisdokter het glo aanbeveel dat sy genoeg slaap moet kry.

Dit is die tweede geval binne ’n maand wat onder Die Vryburger se aandag gebring is.

Die vorige geval is aangemeld toe ’n advokaat ’n soortgelyke ervaring gehad het net nadat hy die hooggeregshof verlaat het.

Sy vertel die res van die naweek kon sy skaars op haar voete staan.

“Dit het gevoel asof ek op wolke loop.”

Haar man en kind kon haar Sondagoggend nie wakker kry vir kerk nie.

“Ek het eers gister (Maandag) weer orraait en helder begin voel.”

Die vrou sê sy het nog nie kans gesien om bloed te laat trek nie. Sy sal vandag gaan.