Voorvaders het seker gelieg?


‘n Sogenaamde tradisionele dokter is in Oos-Londen in hegtenis geneem nadat hy ‘n voormalige onderwyser met meer as R1 miljoen pensioengeld bedrieg het.

Die Valke het op hom toegeslaan.

Die “dokter”, afkomstig uit Uganda, het die onderwyser vertel dat die voorvaders wil hê sy moet haar werk bedank en hulle sal sorg dat haar geld vermeerder na R8 miljoen.

Die onderwyser het in 2012 bedank en sedert die dag niks terug ontvang nie. Die vermoede bestaan by die onderwyser dat die voorvadergeeste vir haar gelieg het, maar later het sy besef dat dit die “dokter” is wat lieg.