Volstruisboere kry nog ’n terugslag


Die swaar geteisterde volstruisboere van Oudtshoorn in die Klein-Karoo word weereens beproef nadat voëlgriep op een van die plase aangetref is.

Die H5N2-virus (voëlgriep) het die gebied nou ekonomies so verlam dat boere moeilik kan voortgaan sonder finansiële ondersteuning van die owerhede.

Asof dit nie genoeg is nie, word boere geterroriseer deur diewe wat snags die voëls se vere pluk.

Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse Landbou minister, sê dit is in dié stadium nie duidelik wat die bron van die virus is nie. ’n Ondersoek is begin.

As bykomende stap is die Wes-Kaapse Departement van Landbou se volstruis veiling op Oudtshoorn afgestel.