Vir die huisvrou


Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Hierdie maand gaan ons kyk wat ons alles met vis kan optoor. Vis is baie veelsydig, mens kan dit kan dit bak, stoom of braai (op die kole, of op die stoof). Maar dan sit ons partykeer met die kopseer met wat jy met die oorskiet vis doen. En dis waar Die Vryburger julle gaan verras met ‘n paar pasteie, koekies en terte. Geniet dit!

1. Skelvispastei:
500g skelvis (of witvis)
4 hardgekookte eiers
Witsous (eie resep)
Gerasperde cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180 grade.
Stoom die vis gaar en vlok dit.
Kap die eiers fyn.
Meng alles saam met die witsous.
Gooi bietjie kaas oor en bak vir 15 min in oond.