Vir die huisvrou – Viskoekies


Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Hierdie week het ons ‘n heerlike variasie van die gewone geblikte sardientjies of salm. Wat hierdie resep so uniek maak, is dat ons hawermout gebruik in plaas van koekmeel – dis ideaal vir diegene wat allergies is vir gluten. Geniet die resep, dis lekker vinnig en kan vir versnapperinge of ‘n ligte middagete gebruik word.

Viskoekies : Lewer 12
1 blik sardientjies in tamatiesous (410g) of 1 blik salm (410g)
400 g geposjeerde wit vis (bv stokvis)
1 middelslag ui- geskil, fyn gerasper of fyn gekap
30 ml fyngekapte vars pietersielie (2 eetlepels)
375 ml hawermout (1 ½ k)
2 eiers – geklits
30 ml olie

Skep die sardientjies uit die tamatiesous en vlok dit. Hou die sous eenkant.
Vlok die geposjeerde witvis en meng dit met die sardyne.
Voeg die ui, pietersielie, hawermout en gedeelte van die sous van die sardientjies by om ‘n ferm mengsel te vorm. (Gebruik ekstra tamatiesous as salm gebruik word)
Meng die eiers by. Wees versigtig om nie te veel te meng nie.
Vorm die mengsel in koekies.
Verhit olie in ‘n groot braaipan en braai viskoekies vinnig oor matige hitte.