Vir die Huisvrou – Tunatert


Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Vir die volgende twee weke gaan Die Vryburger vir u heerlike Tunatert resepte bring. Die resep is lekker vinnig. Bedien dit saam met ‘n slaai vir ‘n ligte ete.

Tuna tert:
1 Koppie Mayonaise
4 Klein blikkies tuna
2 Pakkie wit uie soppoeier
1 Blikkie geroomde sampioene (opsioneel)
3 Koppies melk
2 Koppies gaar noedels
2 Klein pakkies kaas en uie skyfies
2 Eiers geklits
Gerasperde kaas

Stel die oond op 180 grade
Meng alles saam, behalwe die skyfies, eiers en kaas.
Gooi in `n gesmeerde oondbak.
Strooi die kaas oor en dan fyngedrukte skyfies.
Klits die eiers en gooi bo-oor.
Bak vir +/- 30 min