Vir die huisvrou – Ingelegde uie


Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Hierdie week sluit ons af met voedselpreservering, op ‘n pikante tranerige noot! Ingelegde uitjies is heerlik om as ‘n bykos te geniet by ‘n braai, of in ‘n slaai. Geniet dit!

Ingelegde uitjies:
125 ml growwe sout
Kookwater
5 ml sout
60 ml water
45 ml suiker
1 liter water
750ml bruin asyn
10 ml pepperkorrels
1.5kg klein uitjies
2 rooi rissies, halveer en ontpit

Los growwe sout in water op en sit ongeskilde uitjies oornag daarin.
Dreineer en plaas uitjies in groot bak. Gooi kookwater oor uitjies sodat alles goed bedek is.
Los vir 5 minute in kookwater.
Haal uitjies uit en verwyder bo- en onder kante sowel as die skilletjies.
Gooi die geskilde uie in houers.
Kook al die oorblywende bestandele vir 2 minute saam.
Laat dit goed afkoel en gooi dan oor uitjies.