Vir die huisvrou – Ingelegde hoendereiers


Goeie dag dames (en mans wat ook die liefde vir kos-maak deel).

Hierdie week is dit Die Vryburger se voorreg om ‘n resep oor ingelegde eiers vir die lesers te gee. Dis ‘n resep wat nie vrylik beskikbaar is nie, so skryf dit gerus af en bêre dit. Die ingelegde eiers is lekker om saam te neem as u met vakansie gaan. Dis klaar gaar en reg om te eet!

Ingelegde eiers:
14 hard gekookte eiers
Klein stukkie wortel gemmer, gekneus
4 rooi rissies, gehalveer en ontpit
5 ml sout
1 liter wit asyn
10 ml wit pepperkorrels

Plaas gedopte eiers in houers saam met gemmer en rissies.
Kook al die ander bestandele vir 10 minute.
Laat dit goed afkoel en gooi dan oor eiers.
Seël houers dig en eet na 4 weke.