Vier sterf in helikopter ongeluk


Vier mense is dood nadat ‘n helikopter tussen Nelspruit en Lydenburg in Oos-Transvaal neergestort het, het paramedici bekend gemaak.

‘n Woordvoerder van Netcare911, Santi Steinmann, sê die vier mense was reeds dood toe paramedici by die ongelukatoneel opgedaag het.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie nagegaan nie maar sal deur burgerlugvaartowerheid (BLO) ondersoek word.

Die vlieënier is Nick Môre en sy drie passasiers is uitgeken as Pierre de Villiers, Lance Cooper en Elmarie Martens

More is die eienaar van die helikopter en die Uitvoerende Hoof van die Lion Sands-kamp in die Sabi Sands-natuurreservaat