Verligting vir asma lyers


’n Splinternuwe prosedure is ontdek om die lyding van erge asma te verlig en is vir die eerste keer in Afrika toegepas.
Prof. Keertan Dheda, Hoof van pulmonologie by Groote Schuur-hospitaal en die Universiteit van Kaapstad, het dié prosedure op twee pasiënte toegepas.

Dit staan bekend as ’n brongiale termoplastie en word op die verdikte spierweefsel in die lugweë van asmalyers uitgevoer. Dié spierweefsel druk die lugweë toe en veroorsaak dat mense nie behoorlik asem kry nie.

’n Kateter word deur die lugpyp tot in die long se vertakkings gevoer. Hitte word gebruik om die verdikte spierweefsel weg te brand om lugvloei te herstel.

Dit volle prosedure kos sowat R120,000 en is hoofsaaklik gemik op dié klein persentasie mense wat nie reageer op medikasie nie.