Vergeet apartheid asseblief


Die tyd het aangebreek om van apartheid te vergeet. Die regering moet nou self verantwoordelikheid aanvaar vir sy doen en late. Die ANC is volgende jaar reeds twee dekades lank die regeerders van die land.

Die ANC en die regering kan nie meer die skuld op apartheid pak nie.

Dit is die boodskap wat Trevor manual, Minister in die Presidensie, aan Suid-Afrika gesê tydens ’n leierskap byeenkoms van die ANC.

“Ons moet elke oggend opstaan en besef dat ons ‘n verantwoordelikheid het. Daar is nie meer ‘n Botha-regime om oor ons skouer te loer nie, ons is vir ons eie dade aanspreeklik.”

In die eerste drie jaar was die verskoning dat daar ’n tekort aan ervaring was. En dit is waar. Nou, 20 jaar later is dit nie meer waar nie, het Manual gesê.