Veiligheidsgordels moet gebruik word


Ben Martins, Minister van Vervoer sê nuwe veldtogte gaan van stapel gestuur word.
Die doel is om seker te maak dat almal in ’n voertuig wel gebruik maak van ’n veiligheidsgordel.

Daar bestaan ’n neiging by passasiers om nie die veiligheidsgordel te gebruik as hulle op die agterste sitplek is nie.

Martins het die voorlopige pad sterftesyfer van die afgelope Paasnaweek bekendgemaak.

Daarvolgens het minstens 241 mense tussen 28 Maart en 1 April op paaie gesterf.

Swaar boets sal in die vervolg op almal toegepas word wat nie ’n veiligheidsgordel gebruik nie.

Dit blyk dat daar voortaan ’n nuwe metode van beboet toegepas gaan word. Indien ’n passasier nie ’n gordel gebruik nie, sal so ’n persoon beboet word. ’n Afsonderlike boete sal ook aan die bestuurder van die voertuig gegee word.