Vakbondskade aan mynbedryf


Die mynbedryf in S.A. sal nog lank die gevolge voel van die afgelope jaar se militante vankbondoptredes, weens produksieverlies en ander newe-effekte. Die verlies aan produksie wat die myne ervaar het is ongeveer R15-miljard. Die goud- en platinumbedryf se produksieverlies word op R10-miljard beraam en die van die steenkoolbedryf op R180-miljoen.

Aagesien daar ook verskeie ander ondernemings is wat met die myne sake doen is daar nog verdere skade wat die land se ekonomie gely het in ‘n tyd waar die ekonomie dit nie kon bekostig nie. S.A. se betalingsbalans gaan reeds enstig gebuk aan ‘n rekord handelstekort weens die wêreld se ekonomiese afplatting en die belemmering op mynuitvoere het die proses verder benadeel.

Met die onlangse afsterwe van een van Brittanje se voormalige Eerste Ministers, Margareth Thatcher, het ‘n voormalige vakbondleier in haar tyd aktief was, beweer dat sy die vyand van die werkers was. Haar sterk optrede teen die Britse vakbonde, wat haar land op sy knieë gedwing het, het groot vyandskap tussen haar en die vakbonde veroorsaak waarin die vakbonde tweede gekom het. Die vraag wat gevra kan word is of die land nie ‘n groter vyand in die vakbonde gehad het wat ‘n bedreiging vir die hele land was nie. Die ANC-regime se gebrek aan optrede om die mynbou te hulp te kom staan in skrille kontras met die van die voormalige Britse Eerste Minister.