V.S.A. en EU voel ekonomies bedreig


Die V.S.A. en die EU is besig met verkennende gesprekke oor die moontlikheid vir ‘n belastingvrye handelsone. Die besluit word waarskynlik aangehelp deur die BRICS lande wat hulle eie ekonomiese belange onderling wil bevorder en selfs die dollar en euro se wêreld dominansie wil aandurf. Die V.S.A. het aan Europa laat weet dat hulle nie bekommerd moet wees oor die landbou-implikasies in ‘n ooreenkoms nie en dat daar onderhandel kan word oor ‘n werkbare oplossing om die EU se landboubelange te beskerm.

Die V.S.A. en EU dra gesamentlik by tot 50% van die wêreldekonomie en het 25% van die wêreld se bevolking teenoor die Brics-lande wat 40% tot die wêreldekonomie bydra en 50% van die wêreld se bevolking het.