Twee vrygespreek van moord


Die twee verdagtes is albei vrygespreek van moord op die melkboer, mnr. David Hall.
Die hoofrede is blykbaar omdat die staat se getuienis nie voldoende was om die twee swartes skuldig te vind nie.

Alle klagtes teen Paulos Moloi (33) en Amos Nyangiwe (29) is derhalwe laat vaar.

Die hof het bevind dat daar teenstrydighede in die getuienisse was.

Die hof het ook bevind dat mev. Bernadette Hall ‘n eerlike getuie was, maar dat die teenstrydighede die vraagtekens oor betroubaarheid geplaas het.

Hall se familie is baie ontsteld oor die uitspraak. Hulle voel gebelgd omdat die polisie geen bewyse op die moordtoneel versamel het nie en die hof moes hoofsaaklik leun op mev. Hall se getuienis en uitkenning.

Bernadette het huilend die hof verlaat na die regter die bevinding bekend gemaak het.